Heuning en Jasmyn se passie is die soet en bekoorlike dinge in die lewe.

Uniek-ontwerpte blomme, dekor en skryfbehoeftes vir geleenthede so spesiaal en romanties soos ’n troue, ’n romantiese aand vir twee, ’n groot verjaarsdag of ’n tee vir dames wat ’n spesiale vriendin wil bederf voordat sy trou of ’n baba gaan hê of enige geleentheid wat jy wil omskep in ’n onvergeetlike dag met ongelooflike herinneringe.

Blomme

Ons blomontwerpe kan gedefinieer word as klassiek, elegant, en natuurlik. Ons maak seker dat blomme se skoonheid beklemtoon word deur met kleure en ander natuurlike elemente en teksture, soos vrugte en blare, te speel. Ons kreatiwiteit ken geen perke nie en gaste sal vir maande na die spesiale geleentheid praat oor Heuning & Jasmyn se unieke blom-tafellopers.

Dekor

Heuning & Jasmyn gebruik elemente uit die natuur as dekor om blomme wat in die rangskikking gebruik is te beklemtoon. Dekor word met die hand uitgesoek om by ’n tema van ’n partytjie te pas. Ons glo dat die manier waarop ’n feestafel gedek is, ’n invloed op ’n funksie se atmosfeer het en daarom streef Heuning & Jasmyn om jou funksie een te maak waaroor gaste nog lank sal gesels.

Ontwerp

Ons skryfbehoeftes word ontwerp spesifiek volgens ons kliënte se smaak of volgens ’n spesifieke tema en kleurskema. ’n Uitnodiging wys vir gaste watter tipe partytjie hulle na kan uitsien en of dit formeel of informeel gaan wees. Ons spesialiseer in uitnodigings na troues, verjaarsdagpartytjies, ooievaarstees, kinderpartytjies, kombuistees en hennepartyjies.

Vinnige Skakels

Volg Ons op Sosiale Media

  

Copyright © Heuning & Jasmyn. Alle Regte Voorbehou