Meer oor Heuning & Jasmyn

Heuning & Jasmyn se passie is die mooi dinge in die lewe. ’n Mooi uitnodiging, dekor wat ’n partytjie persoonlikheid gee of blomme wat asems laat snak, laat ons tiek.

Die tipe partytjies waarvoor ons lief is, sluit in:

  • Ma-van-die-bruid of strooimeisies wat ’n kombuistee wil opkikker
  • Ooievaarstee’s vir amper mamma’s
  • Feestee’s met spesiale verjaardagvieringe
  • Intieme troues
  • Romantiese aande – ons kom na jou huis verander jou sitkamer in ’n sprokiesland vir twee {blomme, dekor en verversings ingesluit} – vanaf R950.
  • Enige ander partytjie wat jy wil hê moet jou gaste vir dae daarna nog laat praat.

Vinnige Skakels

Volg Ons op Sosiale Media

  

Copyright © Heuning & Jasmyn. Alle Regte Voorbehou